DA sal Cilliers Brink weer benoem as Tshwane burgemeester

Die DA se leier in Gauteng, Solly Msimanga, sê die party gaan Cilliers Brink as burgemeesterskandidaat vir die Stad Tshwane benoem om steeds vordering te maak in die metro. Msimanga het gepraat tydens ʼn nuuskonferensie oor die afloop van die mosie van wantroue teen Brink wat gister in die raad deurgevoer is. Hy sê die president van ActionSA, Herman Mashaba, het aan joernaliste gesê hulle het ʼn ooreenkoms met die ANC om Nasiphi Moya as burgemeester aan te wys.