Maklike begin vir Alcaraz in Chinese Ope

Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, het ‘n maklike oorwinning behaal in sy eerste wedstryd in die Chinese Ope deur die Fransman, Giovanni Mpetshi Perricard, 6-4, 6-4 te klop. Die Spanjaard was egter ongelukkig met die skeidsregter wat hom in die eerste stel twee keer vir tyd gestraf het. Alcaraz en die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, het vroeër ʼn ligte oomblik in die gimnasium gedeel na botsende uitsprake oor die besige ATP-toerskedule. Sinner het gister drie stelle nodig gehad om Nicolas Jarry van Chili te klop.