IPC kap terug na Swapo sy leierskap teiken

Die Independent Patriots for Change sê in ‘n verklaring die publiek moet daarvan bewus wees dat Swapo, wat volgens hulle ‘n nederlaag in die verkiesing in die gesig staar, voortgaan om desperate propaganda-materiaal te skep en te publiseer wat teen die IPC en sy leiers gemik is. Luidens die verklaring is die Swapo-masjinerie nou besig om teen homself te draai, aangesien die party swak interne dissipline, selfhaat, valse eenheid en wantroue weens probleme van sy eie maaksel ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Imms Nashinge, die IPC se woordvoerder, wat sê in teenstelling met die regerende party, lewer hulle konsekwent positiewe boodskappe.