Daar’s ‘n kans vir Argentinië môre

Argentinië het steeds ʼn wiskundige kans om die Rugbykampioenskap in te palm wanneer hulle môre in Mbombela in die laaste ronde teen die Springbokke te staan kom. Maar hulle benodig ʼn bonuspunt-oorwinning oor die viermalige wêreldkampioene en moet Suid-Afrika verhinder om enige punte te behaal. Hoofafrigter van die Pumas, Felipe Contepomi, het sewe veranderings aangebring aan die span wat die Bokke verlede week in Argentinië verras het. Een van die veranderings is Santiago Grondona in die plek van beseerde flank, Marcos Kremer, en die voortreflike slot, Thomas Lavanini, in die opdrafspan.