Wanvoeding: 18 sterf in Ohangwena
Daar was tot dusver vanjaar 18 sterftes as gevolg van wanvoeding in die Ohangwena-streek aangeteken. Die aankondiging kom na talle streke hulle syfers bekend gemaak het, tot die skok van die land. Die streeksgoewerneur Sebastian Ndeitunga sê 270 inwoners is vir behandeling gehospitaliseer. Talle landelike huishoudings maak staat op bestaansboerdery om kos op die tafel te sit en die heersende droogte het uitdagings vererger met 1,2 miljoen Namibiërs wat nie genoeg kos het om te eet nie.