RedForce en Rundu weer vandag in die hof
RedForce se dagvaardiging teen die Rundu-dorpsraad kom vlugtig voor adjunk-regterpresident Hosea Angula vandag voor. Die skuldinvorderingsmaatskappy dagvaar die dorpsraad vir 5,1 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding. In sy stukke sê Rundu het eensydig sy kontrak, wat in Augustus 2020 beklink is, met hom beëindig deur in 2021 Hengarihoff Korporasie aan te stel om voorafbetaalde meters te installeer en skuld in te vorder. In 2023 het RedForce die kansellasie van die ooreenkoms aanvaar, maar hy soek sy geld. Die saak word verdedig.