Etsebeth wil sy mylpaal met oorwinning môre vier
Die Springbokke wil Eben Etzebeth se spesiale mylpaal môre vier deur Argentinië in Mbombela te klop en die Rugbykampioenskapstitel in te palm. Die slot sal die mees ervare Bokspeler word wanneer hy Victor Matfield se rekord van 127 toetse verbeter. Die haker Bongi Mbonambi, wat sedert hulle junior dae teen of saam met Etzebeth speel, beskryf hom as ‘n uiters gerespekteerde spanmaat. Afrigter Rassie Erasmus sê die Bokke wil hom vergoed, en hulpafrigter Daan Human sê hy’s die maklikste speler om af te rig.