Armoede dryf verdraagsaamheid van wilde diere af
Die Namibië Natuurstigting het die Oppenheimer Generations Research Fellowship in People and Wildlife in die hoofstad bekendgestel. Die bekende professor Morgan Hauptfleisch, die stigting se direkteur van navorsing, is die eerste ontvanger van die beurs wat twee van sy PhD-studente sal befonds. Hy doen al vir dekades navorsing oor mens-wild probleme en hoe om dit te takel. Een van die probleme is die hoë armoedevlakke van gemeenskappe naby bewareas wat dikwels verliese lei weens wilde diere. Tydens die geleentheid het dr. Duncan Macfadyen, hoof van navorsing en bewaring by Oppenheimer Generations Research and Conservation, eksklusief aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n oplossing vir sulke konflikte aan die hand gedoen.