VSA sê Rusland en Houthi’s werk saam

Amerika het Rusland daarvan beskuldig dat hulle samesprekings oor wapenoordragte met Jemen se Houthi-beweging voer. Rusland is besig om sy eie ooreenkomste te sluit met die Houthi’s om hul skepe toe te laat om ongedeerd deur die Rooi See te vaar, het die Amerikaanse spesiale gesant vir Jemen, Tim Lenderking, aan AFP gesê. Hulle het bevestiging dat die Russe en die Houthis in dialoog is oor maniere om saam te werk, insluitend oor wapenoordrag, het hy op die kantlyn van die VN se algemene vergadering gesê. Dit kom na Reuters berig het dat Iran voortgesette geheime samesprekings tussen Rusland en die Houthi’s bemiddel het om anti-skeepsmissiele na die militante groep oor te dra.