Bibi het 21 dag skietstilstand self gekelder
Die Israeliese weermag het oornag nuwe lugaanvalle op Hezbollah-teikens in Suid-Libanon geloods, nadat topamptenare ‘n VSA-gesteunde oproep vir ‘n 21-dae wapenstilstand botweg verwerp het. Dit kom net ure voor Israeliese premier Benjamin Netanyahu die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gaan toespreek. Hy het tot dusver internasionale oproepe verwerp om in Libanon te de-eskaleer en in te stem tot ‘n wapenstilstand met Hezbollah daar en met Hamas in Gaza. Dominic Waghorn, die internasionale aangeleenthede-redakteur van SkyNews, berig uit New York dat ‘n wapenstilstand deur Netanyahu self gekelder is. Hy verduidelik.