Verbruikersbeskerming vorder, maar kan verbeter: Namfisa
Die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het sy Jaarverslag 2024 bekendgestel. Dit skets skets 2023-tendense in verbruikersklagtes binne die nie-bank finansiële instellings-sektor, met ‘n totaal van 691 klagtes, ‘n 5,3 persent afname vanaf 2022. Namfisa het 629 hiervan opgelos, of ‘n resolusiekoers van 91 persent, af van 94,9 persent die vorige jaar. Die uiteensetting toon toenames in langtermynversekering- en mediese fondsklagtes, terwyl ander afgeneem het. Dit weerspieël vordering in verbruikersbeskerming, alhoewel die laer resolusiekoers gebiede vir potensiële verbetering uitlig. Die verslag is bekendgestel deur Kenneth Matomola, uitvoerende hoof van Namfisa.