Nie net klaskamers nodig, ook onderwysers in Kavango-Wes
Die onderwysministerie se onderwysbestuur inligtingstelsel-verslag rapporteer ‘n hoë voorkoms van kwessies soos onvoldoende skoolfasiliteite asook vele buite-onderrigareas, veral in Kavango-Wes, waar 29 sulke areas aangemeld is. Kavango-Wes goewerneur Bonifatius Wakudumo het die behoefte aan begrotingstoewysing vir infrastruktuurontwikkeling beklemtoon, met verwysing na uitdagings soos vervalle fasiliteite, onvoldoende klaskamers en hulpbronne, en ‘n gebrek aan sanitasie en wetenskaplaboratoriums. Kosmos 94.1 Nuus het met Wakudumo gesels, wat verdere probleme uitlig.