Cyril herhaal oproep vir skietstilstand in Gaza

President Cyril Ramaphosa het sy oproep herhaal vir ʼn onmiddellike skietstilstand in Gaza en dat alle gyselaars dadelik vrygelaat word. Hy het ʼn toespraak gelewer by die 79ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering New York. Hamas het in Oktober verlede jaar sowat een-duisend-200 mense in Israel vermoor en 251 ander gyselaar geneem. Israel het in wraakaanvalle volgens berigte meer as 41-duisend mense in Gaza doodgemaak. Ramaphosa sê Suid-Afrika sal nie stilbly en kyk hoe apartheid teen ander toegepas word nie.