Starmer sê Britte in Libanon moet onmiddellik padgee

Eerste minister Keir Starmer raai Britte in Libanon aan om onmiddellik pad te gee. Ongeveer 700 Britse soldate word in Ciprus ontplooi in geval van ʼn noodontruiming. Starmer sê dis belangrik om nou te vertrek te midde van vrese van ʼn volskaalse oorlog tussen Israel en Hizbollah. Twee Britse oorlogskepe is reeds in die gebied en sal gebruik word indien ʼn ontruimingsoperasie beveel word met vliegtuie en helikopters van die Lugmag ook op bystand. Israel het verlede week met ʼn reuse-aanslag teen Hizbollah begin.