Nog seekoeie gestrand, ministerie boor vir water

Weens die voortslepende droogte is meer as 130 seekoeie by Munambezadam, naby die Lyambezi-meer in die Zambezi-streek, gestrand. Munambeza is die derde dam aan die Choberivier, wat aan Botswana grens, waar seekoeie vasgeval het. Om die seekoeie aan die lewe te hou tot die volgende reënseisoen, het die lynministerie boorgate begin boor. Kosmos 94.1 Nuus het met omgewingswoordvoerder Romeo Muyunda, gepraat.