Sabalenka wil ’24 op nommer een afsluit
Aryna Sabalenka van Belarus sê sy wil ʼn skitterende jaar op ʼn hoogtepunt afsluit deur weer die nommer een-posisie op die wêreldranglys te beklee. Die nommer twee is dié week die topgekeurde in die Chinese Ope nadat die nommer een en verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, weens persoonlike redes onttrek het. Sabalenka, wat pas die Amerikaanse Ope gewen het, kan met ʼn oorwinning in Beijing groot vordering maak om Swiatek te onttroon. Sy sal die eerste keer speel nadat sy Jessica Pegula in New York geklop het.