Otavi het 4 500 inwoners, word N$75,4m deur hulle geskuld

Sakaria Haulofu die uitvoerende hoof van Otavi  sê die gebrek aan inkomste belemmer dienslewering in een van die vinnigste groeiende dorpe in die Otjozondjupa-streek. Die dorpsraad, wat ongeveer 4 500 inwoners dien, word ‘n verbysterende 75,4 miljoen Namibiese dollar geskuld. Dis meer as die 65 miljoen dollar skuld wat die dorpsraad het teenoor sy krediteure het met die grootste bedrag verskuldig aan NamWater wat op amper 63 miljoen dollar staan. Otavi is nie die enigste dorp wat hiermee sukkel nie en dit belemmer natuurlik dienslewering.