Midde-Ooste: Biden glo steeds diplomatieke oplossing is moontlik
Amerika se president Joe Biden vra ʼn einde aan konflik in die Midde-Ooste en sê ʼn volskaalse oorlog is in niemand se belang nie. Hy het gister sy laaste toespraak by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gelewer. Biden het Hamas veroordeel vir sy dodelike aanval op Israel op 7 Oktober, maar ook simpatie uitgespreek vir die mense wat ly onder Israelse operasies in Gaza. Hy sê hy glo ʼn diplomatieke oplossing is steeds moontlik: