Ierland weer boaan Wêreld Rugby-ranglys

Rugby: Ierland is weer boaan die ranglys van Wêreld Rugby na Suid-Afrika se nederlaag die naweek teen Argentinië. Die Springbokke is in die voorlaaste ronde van die Rugbykampioenskap met 29-28 deur die Pumas verslaan. Die nederlaag het die agtereenvolgende wêreldkampioene 1,81 ranglyspunte gekos en hulle is nou met 0,35 punte agter Andy Farrell se span. Suid-Afrika was heel bo sedert hulle Ierland verlede jaar in die kwarteindronde van die Wêreldbeker in Frankryk verbygesteek het. Australië is nou tiende op die lys en die heel laagste ooit.