Gobabis skou bied iets vir almal!

Die Gobabis-skou, wat van Donderdag tot Saterdag plaasvind, stel die blywende krag van die Omaheke-streek se landbousektor ten toon. Met verloop van tyd het dit ontwikkel tot ‘n platform nie net vir boere nie, maar ook vir diverse bedrywe, wat besprekings oor nuwe boerderytegnieke en -inisiatiewe bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Richard Peens, die voorsitter van die Gobabis-skou, oor wat die publiek kan verwag.