Sikondo-, Etunda groenskemas met toekennings vereer

Die Namibiese Akkerbouraad het die Sikondo- en Etunda-groenskema-besproeiingsprojekte by die 2024 Nasionale Akkerbou- en Tuinbou-toekennings erken vir hul uitstaande bydraes tot die land se landbousukses. Die Sikondo Groenskema-besproeiingsprojek, in die Kavango-produksiesone, is as Uitstaande Koringprodusent van die Jaar bekroon. Die Etunda Groenskema-besproeiingsprojek in die Noord-Sentraal Produksiesone het die titel van Opkomende Koringprodusent van die Jaar verower. Albei projekte is tans onder toesig van die landbouministerie. Hubertus Hamm, die Akkerbouraad se voorsitter, sê die toekennings vereer nie net uitsonderlike prestasies nie, maar inspireer ook ander om uitnemendheid in hul landboubesighede na te streef.