Dis hoekom ZiG nie aftrek kry nie, se Zimbabwiese ekonoom

Vyf maande gelede het Zimbabwe ‘n nuwe geldeenheid, die “ZiG,” ingestel met die hoop om dit teen 2026 te stabiliseer. Baie Zimbabwiërs verkies egter steeds om die Amerikaanse dollar bo die nuwe geldeenheid te gebruik. Die Zimbabwiese ekonoom, Eddie Cross, bespreek in ‘n onderhoud hoekom die Amerikaanse geldeenheid meer vertrou word. Jare van ekonomiese onstabiliteit en hiperinflasie in Zimbabwe het vertroue in plaaslik uitgereikte geldeenhede geërodeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Eddie Cross gesels, wat verduidelik.