Doen iets aan werkgewers wat veiligheid ignoreer!

Chinese werkgewers is gereeld in die nuus oor hul behandeling van hul Namibiese werkers, en Zhongmei Engineering Group is die jongste om onder kritiek deur te loop. ‘n Zhongmei werker is redelik ernstig beseer, na hy volgens berigte gekla het oor sy mynvoertuig se remme, maar daar niks aan gedoen is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die National Union of Namibian Workers, wat sê dis onverstaanbaar dat werkers se veiligheid nie in ag geneem word nie en iets moet daaraan gedoen word.