Jakkalse aan die kus hou bedreiging vir troeteldiere in

Talle Facebook-groepe waarsku kusinwoners om versigtig te wees terwyl hulle met hul honde gaan stap, aangesien jakkalse in verskeie gebiede opgemerk is. Sommige van hulle is aggressief, en sommige kan hondsdol wees. Met Wêreld Hondsdolheidsdag op 28 September wat nader kom, sal veeartse regoor die land gratis hondsdolheid-inentings aanbied om voorkomings- en beheerpogings te verbeter. Dr. Theuns Laubscher, van die Windhoek Veeartsenykliniek, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die belangrikheid daarvan om diere teen hondsdolheid in te ent, veral weens die verslae oor moontlike hondsdol jakkalse.