Hengari beklemtoon aanspreeklikheid in dwelmmuil-saak

Die PDM parlementslid Inna Hengari sê Namibië se jongmense is desperaat. Dit kom na die arrestasie van ‘n 30-jarige Namibiër op OR Tambo met 68 pakkies kokaïen in haar maag. Volgens Hengari voel jongmense dat die land werk net vir ‘n paar uitverkorenes. Maar, sy sê daar moet persoonlike verantwoordelikheid geneem word vir besluite. Sy sê of die vrou uit hopeloosheid opgetree het of net ‘n kans gewaag het om ‘n leefstyl buite haar vermoë te bekostig, aanspreeklikheid moet beklemtoon word. Sy voeg by verandering in die land is dringend nodig.