Afrika moenie agtergelaat word in klimaatgesprek nie

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê Afrika behoort nie agtergelaat te word in globale klimaatsgesprekke nie en is die broodmandjie van die wêreld. Hy is tans in Amerika as medevoorsitter van die New York Klimaatsweek en sê die vasteland dra die grootste las met kweekhuisgasuitstralings en die gevolge van klimaatsverandering, ten spyte van die kleiner bydrae tot die probleem. Die geleentheid eindig Sondag, na agt dae. Die premier vra sterker samewerking met klimaatsoptrede: