Iran se Pezeshkian praat oor Libanon-aanval

Israel wil die Midde-Ooste in ‘n volwaardige oorlog insleep deur Iran uit te lok om by die byna jaar oue konflik tussen Israel en Teheran-gesteunde Hezbollah in Libanon aan te sluit. Dit is volgens Iran se president Masoud Pezeshkian. Hy sê daar sal onomkeerbare gevolge wees. Hy voeg by Iran wil in vrede lewe en Israel is besig om onstabiliteit te veroorsaak. Pezeshkian, ‘n relatief gematigde politikus wat in Julie verkies is en ‘n pragmatiese buitelandse beleid belowe het, het die internasionale gemeenskap van stilswye beskuldig in die aangesig van wat hy Israel se volksmoord in Gaza genoem het.