Egipte stuur wapentuig aan Somalië

‘n Egiptiese oorlogskip het ‘n tweede groot besending wapentuig aan Somalië afgelewer, insluitend lugafweer-toestelle en artillerie in ‘n stap wat waarskynlik verdere spanning tussen die twee lande en Ethiopië sal veroorsaak. Bande tussen Egipte en Somalië het vanjaar versterk oor hul gedeelde wantroue in Ethiopië, wat Kaïro aangespoor het om verskeie vliegtuigvragte wapens na Mogadisjoe, Somalië se hoofstad, te stuur nadat die lande ‘n gesamentlike veiligheidsverdrag in Augustus onderteken het.