Laerskoolkinders loop klas mis, krap op asgate rond

Plaaslike media berig dat laerskool-leerders in Opuwo eerder deur op stortingsterreine na kos, boumateriaal en klere soek as wat hulle skool bywoon. Daar word berig dat die skole naaste aan die dorp se stortingsterrein die meeste hierdeur geraak word en ook op dae wanneer groot kleinhandelaars hulle vullis stort. Die skole het blykbaar ‘n plan gemaak en hou nou twee skedules – een in die oggend en een in die middag. Dit is om die kinders ‘n geleentheid te gun om die terrein te besoek. Die nuus kom ten spyte van die skoolvoedingsprogramme in plek.