Kat stap 1 600km huis toe

‘n Kat wat in die Yellowstone Nasionale Park verdwaal het, is ná twee maande en 1 600 kilometer, weer by die huis. Rayne Beau is ‘n twee-en-‘n-half-jarige Siamees en het die park in Junie besoek saam met sy eienaars uit Kalifornië. Hy het weggehardloop nadat iets hom laat skrik het. Maar 61 dae later het die egpaar die goeie nuus ontvang dat ‘n kat met Rayne Beau se identifikasienommer opgespoor is. Hulle sê hulle is nie seker hoe Rayne Beau die pad terug gevind het nie, maar hulle is verheug oor hy terug is.