Lewende muis in maaltyd herlei vlug

‘n Skandinawiese vlug na Spanje moes na Denemarke herlei word nadat ‘n vrou ‘n muis in haar maaltyd gevind het. ‘n Woordvoerder van Scandinavian Airlines sê volgens protokol en prosedures moes die vliegtuig herlei word vir ‘n inspeksie en ontsmetting en om passasiers na ‘n ander vliegtuig oor te plaas. ‘n Passasier op die vlug, Jarle Borrestad, het aan BBC gesê mense was kalm en glad nie gestres nie. Hy het egter erken hy het sy sokkies oor sy broekspype getrek sodat die muis nie teen sy bene kon opkruip nie.