Malaria: Owerhede pleit met inwoners om spuitspanne binnenshuis toe te laat

Plaaslike media berig dat die Kavango-Oos-streek die meeste malariagevalle in die land aangeteken het, of 3 300. Die Andara-distrik het die hoogste aantal gevalle in die streek aangemeld. Binnenshuise bespuitingsveldtogte word twee keer per jaar gedoen om malaria in die streek te bekamp, maar baie mense wil nie die spuiters in hul huise inlaat nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die woordvoerder van die gesondheidministerie, wat riglyne gee en die publiek aanmoedig om hul samewerking te gee.