Dodelikste aanval in jare op Libanon

Amper 500 mense is in Libanon dood en 1 246 beseer sedert Israel Maandag met lugaanvalle in die land begin het. Dele van suidelike en oostelike Libanon is eerste getref en daarna ‘n suidelike voorstad van Beiroet. Duisende Libanese is besig om uit die suidelike dele van die land te vlug. Die Israeliese verdedigingminister, Yoav Gallant, sê lugaanvalle het tienduisende Hezbollah-vuurpyle vernietig. Intussen het Amerika aangekondig dat hy bykomende magte na die Midde-Ooste sal stuur weens die toenemende spanning.