Bremen, Windhoek gaan susterstede-ooreenkoms sluit

Die burgemeester van Bremen in Duitsland, dr. Andreas Bovenschulte, is op besoek aan Windhoek. ‘n Susterstede-ooreenkoms sal môre tussen die twee stede gefinaliseer word. Tydens ‘n besoek aan die parlement vir ‘n Namibië Bremen-vennootskapuitstalling, het die twee burgemeesters die vennootskappe tussen die lande sedert onafhanklikheid uitgelig. Die speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, het Namibië en Duitsland se vennootskappe en toekomstige samewerking bespreek.