Eer Gordhan met ANC-vernuwing, sê Mbalula

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die enigste sinvolle manier om Pravin Gordhan se nalatenskap te vereer, is om op koers te bly met die party se vernuwing. Hy het die hoofrede gelewer by die herdenking van die lewe en aktivisme van die voormalige minister van Openbare Ondernemings, wat op die 13de van hierdie maand oorlede is. Die geleentheid is deur die Ahmed Kathrada-stigting aangebied. Mbalula sê die ANC moet meedoënloos wees in sy stryd teen teen-revolusie wat poog om die beweging te vernietig: