Chinese konstruksie-groep in Amushelelo se spervuur

Zhongmei Engineering Group is in die spervuur na ‘n werker redelik ernstig beseer is op sy perseel. Die werker het blykbaar gekla oor die remme van die konstruksie-voertuig maar dit is volgens berigte geïgnoreer. Chinese werkgewers is gereeld in die nuus oor die behandeling van Namibiese werkers in hulle diens en aktivis en LPM-lid Michael Amushelelo het nie op hom laat wag nie. Hy sê hulle sal self inspeksie gaan doen.