Beetlejuice Beetlejuice steeds top-rolprent

Warner Brothers se fliek Beetlejuice Beetlejuice met onder andere Michael Keaton, Winona Ryder en Danny DeVito , voer steeds die botoon by die loket in Noord-Amerika. Die fliek het wêreldwyd reeds 5 miljard Namibiese dollar laat inrol. Transformers One met Chris Hemsworth en Scarlett Johansson is tweede, terwyl Speak No Evil in die derde plek ingeskuif het. Lionsgate se Never Let Go is vierde, terwyl Marvel en Disney se fliek Deadpool and Wolverine vyfde lê.