Libiese owerhede fnuik poging om 100gk goud en 1,5m euro te smokkel

Libië se Interne Sekuriteitsagentskap sê hy het ‘n poging om 100 kilogram goud en 1,5 miljoen euro by Misrata internasionale lughawe te smokkel gefnuik tydens ‘n veiligheidskontrole van ‘n internasionale vlug. Die agentskap sê die goudstawe is in drie tasse gevind terwyl die geld in een tas was. Die betrokkenes, wat op pad na Turkye was, is gearresteer. In Mei het die Tripoli-gebaseerde prokureur-generaal gesê hy het die inhegtenisneming van direkteur-generaal van doeane en ander amptenare by Misrata internasionale lughawe beveel oor sameswering om byna 26 ton goud te smokkel.