Oliepryse styg, maar kenners sê dit sal beperk wees

Oliepryse het vanoggend gestyg en ‘n hoogtepunt van 75 Amerikaanse dollar ‘n vat bereik, aangedryf deur kommer dat verhoogde konflik in die Midde-Ooste die streekaanbod kan beperk, sowel as die verlaging in die Amerikaanse rentekoers. ‘n Beter ekonomiese vooruitsig van top-verbruikers China en die VSA en geopolitieke spanning in die Midde-Ooste sal voortduur maar analiste meen stygings sal beperk word deur goeie olievoorrade, veral omdat die Midde-Ooste-konflik nou al ‘n geruime tyd sloer met min ontwrigtings tot dusver.