Vermeende veedief vas, het vorige saak

‘n Man is in die vroeë oggendure van Saterdag op plaas Makam in die Gobabis-distrik gearresteer nadat twee bees geslag is. Die vleis is in ‘n sewe-sitplek Toyota voertuig gelaai en net die huide is agtergelaat. ‘n Intelligensie-gedrewe operasie het gelei tot sy inhegtenisname en die mag sê hy het ‘n soortgelyke saak teen hom wat by die Trans-Kalahari polisiestasie gemaak is. Dit is nie duidelik wanneer hy in die hof sal verskyn nie maar die mag stel ondersoek in.