Nampol op soek na renosterstroper

Die Namibiese polisie sê hulle ondersoek ‘n saak van renosterstropery na ‘n swart renosterbul op ‘n plaas naby Otavi in die Otjozondjupa-streek gestroop is. Net een horing is verwyder en die waarde word op 500 000 Namibiese dollar bepaal. Die mag sê die voorval het tussen 16 en 21 September plaasgevind en niemand is in hegtenis geneem nie.