Alcaraz en Ruud vee agterstand by Laverbeker uit

Span Europa het in Berlyn ʼn agt-vier-agterstand teen Span Wêreld omgekeer en hul eerste Laverbeker-titel sedert 2021 opgeraap. Die terugkeer is gelei deur Carlos Alcaraz en Casper Ruud wat koning gekraai het op die laaste dag se aanvangsdubbelspel. Daniil Medvedev het sy enkelspelwedstryd teen Ben Shelton verloor terwyl Alexander Zverev met Frances Tiafoe afgereken het. Alcaraz het Taylor Fritz verslaan om Span Europa se 13-11-sege te verseker. Alcaraz sê hy is bly hulle het gewen: