Hezbollah sal vergeld – Qassem

Die adjunksekretaris-generaal van Hezbollah, Naim Qassem sê hulle konflik met Israel het nou ‘n grenslose vergeldingstryd geword. Gevegte tussen Israel en Hezbollah het die naweek toegeneem met beide kante wat oorgrens-aanvalle uitgevoer het. Verlede week is honderde beseer en tientalle gedood in gekoördineerde aanvalle wat Hezbollah-vegters se roepradios en tweerigtingradios laat ontplof het. Qassem sê Israel het oorlogsmisdade gepleeg en daarom is die stryd sonder perke.