Mbumba hoef nie Jerry se wette te bekragtig nie

Die Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo, wat die omstrede anti-gay sogenaamde Jerry wetsontwerpe ingedien het, het in die Nasionale Vergadering gevra hoekom dit nog nie onderteken is nie. Hy wou weet hoekom president Nangolo Mbumba wat hy noem “sy plig ontwyk” om die wetsontwerpe goed te keur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sister Namibia se programbestuurder, Ndapwa Alweendo, wat sê die president is nie verplig om die wetsontwerpe te teken nie.