Namibiese vrou, 30, vas by OR Tambo vir kokaïen

ʼn Dertigjarige Namibiese vroulike vermeende dwelmmuil is by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. Sy het van Sao Paulo, Brasilië, teruggekeer. Dis die tiende dwelmmuil wat die afgelope twee maande by die lughawe aangekeer word. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die vrou is voorgekeer toe sy deur immigrasie gaan. Mathe sê sy is onmiddellik gearresteer en na ʼn plaaslike hospitaal geneem. Daar het ʼn mediese x-straal verpakte kokaïen in haar maag opgemerk en bevestig.