Venaani veroordeel kosgooiery ten sterkste, sê dit bewys wie Swapo is

Video’s op sosiale media het wyd reaksie uitgelok nadat ‘n vragmotor van Swapo in Walvisbaai deur lede van die publiek bestorm is. Die party het ‘n saamtrek op die dorp gehou en oudergewoonte, kos uitgedeel. Lede van die publiek het toegesak op die voertuig en die kospakkies is van die voertuig gegooi in ‘n poging om die stormloop te verlig. Onafhanklike presidentskandidaat Ally Angula eis in ‘n verklaring ‘n verskoning en die PDM-president McHenry Venaani het ook sy skok oor die voorval uitgespreek. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat.