Nog ‘n pensioenaris loop op Swakop deur met slenter

Twee gevalle van bedrog is oor die naweek op Swakopmund aangemeld. In die eerste geval is ‘n 75-jarige pensioenaris uit 58 000 Namibiese dollar bedrieg deur ‘n telefoonslenter waar die persoon hom voorgedoen het as ‘n bankwerknemer. In die ander geval het ‘n persoon ‘n bekende meubel kettingwinkel uit 173 800 dollar bedrieg deur hom voor te doen as ‘n werknemer van Rössing. Die ondersoek duur voort in beide sake.