BW Energy sal Kudu dieper bekyk vir oliebronne

Die Noorse gas-reus BW Energy kyk na twee ondersoeke vir 2025 naby sy Kudu-gasveld. Upstream Online berig dat BW planne ingedien het om verskeie eksplorasieboorgate oor die volgende twee jaar te boor om die potensiële hulpbron van gasryke gebied in die Oranje-bekken te bepaal. Die maatskappy bedryf ‘n produksielisensie wat die 1,3 triljoen kubieke voet Kudu-gasveld dek en, parallel met die finalisering van ‘n ontwikkelingsplan om hierdie hulpbron te ontgin, stel hy belang in hoeveel bykomende olie en gas in sy blok is, gegewe die vlaag van eksplorasie suksesse elders in die gebied. As gevolg van die groot ontdekkings wat TotalEnergies en Shell in nabygeleë eksplorasielisensies oor die afgelope tyd gemaak het, het BW Energy besluit om te belê in 3D-seismiese opnames oor sy hele lisensiegebied.