Norris spring eerste weg in Singapoer

Lando Norris van McLaren is vanmiddag in die voorste wegspringposisie posisie in die Singapoer Grand Prix. Sy Red Bull-mededinger en Formule Een-kampioenskapleier, Max Verstappen, sal langs hom wees. Lewis Hamilton het hom reggeruk ná ‘n paar onlangse kwalifiseer-probleme en is in die derde posisie, met sy Mercedes-spanmaat George Russell, vierde. Norris se mede-McLaren-renjaer Oscar Piastri neem die vyfde posisie in. Verstappen loop in die kampioenskap met 59 punte voor teen Norris, met nog sewe rondes oor.