Nam-tafeldruiwe groei met 1 550%

Namibië se tafeldruifproduksie het sedert 1995 met 1 550 persent gegroei. Uitvoere vanjaar het amper 38 000 metrieke ton bereik teenoor die amper 2 300 wat in 1995 aangeteken is. Die laaste oes het 1,7 miljard Namibiese dollar die land ingebring. Die groeikoers is volgens die sentrale bank, die hoogste ter wêreld. Dit is ten spyte van struikelblokke met uitvoere omdat die hawe by Walvisbaai baie ver is van die Aussenkehr-gebied waar die vrugte verbou word.